Amiese Doopsgesindes

Kontras in vervoer in Pennsylvania
Tradisionele klederdrag
Landbougebied met Amiese boerderye

Die Amiese Doopsgesindes (Engels: the Amish) is 'n Christelike protestantse geloofsgemeenskap in Noord-Amerika. Die groep het in 2018 sowat 330 000 lede gehad en woon in Pennsilvanië, Ohio, Indiana en sowat 30 ander deelstate in die VSA asook 4 provinsies in Kanada. Hulle volg streng gedragsriglyne en verkies 'n eenvoudige lewenstyl. Hulle dra byvoorbeeld tradisionele klere en mag nie telefone, motors en ander moderne uitvindsels gebruik nie.[1] Hulle praat ou Duitse dialekte, meestal Pennsilvaniese Duits, maar klein groepies praat ook 'n Switserse dialekte of 'n Elsassiese dialek.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search